NLU neem stappe in verband met veediefstal, stropery en howe
Die Namibiese Landbou-unie sê hy is bewus van die omvang van kriminele elemente die boeregemeenskap se frustrasie om stropery en veediefstal aan te spreek. Dit het te make met ondermeer magistrate met ontoereikende inligting, kriminele sake wat verkeerdelik hanteer, dokumente wat eenvoudig verdwyn, oortreders met meer as een identiteitskaart, en meer. Die unie, onder die vaandel van sy Joint Crime Prevention Forum het hierdie dringende kwessie opgeneem met ’n regskenner. Die voorsitter van die forum, Thinus Pretorius, het derhalwe ’n verklaring onder eed rakende klagtes aan die landdroskommissie oorhandig.