NLU moedig boere aan om gebruik te maak van BoN se nuwe bankvoordele
Banke moet ingevolge ‘n nuwe bepaling van die Bank van Namibië ondersteuning bied aan droogte-geaffekteerde boere, insluitend die herstrukturering van lenings en noodfinansiering onder voorkeurvoorwaardes. Dit is om die landbousektor wat in nood is weens die droogte, te help stabiliseer. Reaksie is ontvang van Tanja Dahl, die senior beampte vir projek-bemarking en kommunikasie by die Namibiese Landbou Unie, wat ‘n beroep op boere doen om hul banke te nader vir hulp.