NLU herinner produsente aan voer-regulasies
Namibië implementeer ‘n streng program vir die beheer van sogenaamde malkoeisiekte deur die algehele verbod op die voer van enige proteïene afkomstig van herkouers aan ander herkouers. Namibië is erken as die eerste land in Afrika met ’n onbeduidende risiko vir die siekte. Benewens die verbod op die insluiting van herkouerproteïen in herkouervoer, verbied Namibië reeds lang jare die gebruik van hoendermis in veevoere deur middel van die Farm Assured Namibian Meat Scheme. Die Namibiese Landbou-unie herinner veeprodusente aan die regulasies. Die unie sê dit is van kardinale belang om aan die regulasies te voldoen nie net vir die beskerming van die veesektor nie, maar ook van die ekonomie van die hele land.