Nkata, Kureva moordsaak uitgestel

Die moordverhoor in verband met die gru-dood van die nege-jarige Natalie Chipomho wat in die hoërhof moes begin, is uitgestel. Natalie se ma Rachel Kureva , haar pa Edward Nkata en sy vrou Caroline, word aangekla van haar dood. Sy is in Januarie 2020 half verbrand in ‘n asdrom in Windhoek-Noord gevind. Kureva is eers gevrywaar maar, sy is in Januarie verlede jaar weer in hegtenis geneem na getuienis in die moordverhoor van Natalie se pa bekom is wat haar by Natalie se dood betrek. Die saak kon nie begin nie omdat Kureva se prokureur, Janita von Wielligh onttrek het, op instruksie van haar kliënt. Kureva is blykbaar ongelukkig oor hoe sy die saak hanteer. Die saak sal weer Vrydag voorkom.