NIPDB, NamRa versterk samewerking
Die Namibië Beleggingspromosie en -bevorderingsraad, NIPDB, en die Namibië Inkomste-agenstkap, NamRA het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken wat ‘n belangrike mylpaal in ‘n jarelange strategiese vennootskap aandui. Die kern van die samewerking is ‘n gedeelde verantwoordelikheid om dit makliker te maak om in die land besigheid te doen en sodoende Namibië se mededingendheid as ‘n beleggingsbestemming te verbeter. Die raad se uitvoerende hoof, Nangula Uaandja, wys die belangrikheid van die samewerking uit.