NIPDB hou voet by stuk ‘goue visum’ is goeie stap

Die beleggings en bevorderingsraad hou voet by stuk dat sy plan vir ‘n sogenaamde ‘goue visum’ goed is. Die raad voer aan dat permanente verblyf gegun moet word aan welgestelde buitelanders wat grond koop en in die land wil aftree. Die raad gaan gebuk onder kritiek oor sy standpunt en Titus Shivute, die raad se woordvoerder, het dit aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.