Nipam-hoof geskors

Die uitvoerende direkteur van die Namibiese Instituut vir Publieke Administrasie en Bestuur, Nipam, Maria Nangolo, is uit haar pos geskors. Dit is deur die instelling se beheerraadsvoorsitter, George Simataa, aangekondig. In ‘n kennisgewing aan Nipam-personeel het Simataa die aanstelling van Sankwasa Mubita as die waarnemende uitvoerende direkteur van die instituut aangekondig. Simataa het nie die redes vir Nangolo se skorsing verduidelik nie.