Niks sinister aan Nujoma se Zim-kuier nie

Die Presidensie sê daar is niks sinister oor die besoek van arbeidsminister Utoni Nujoma aan Zimbabwiese president Emmerson Mnangagwa nie. Die woordvoerder Alfredo Hengari sê die besoek, wat verlede week plaasgevind het by Mnangagwa se privaatwoning in Harare, was privaat van aard. Hy het sy dogter in Harare besoek en is toe deur die president genooi. Hulle is blykbaar goeie vriende omdat albei as justisieministers gedien het. Kenners meen dit is vreemd veral omdat verkiesings om die draai is, en na Swapo se besoek vroeër aan China.