Niks sal EFF verwoes nie, nie eers Zuma nie

Die EFF-leier, Julius Malema sê hy is nie geïntimideer of bang vir die voormalige president en MK-partyleier Jacob Zuma nie, en hy voeg by hy is gereed om te veg. Dit volg na die uittog van vooraanstaande EFF-lede na die MK-party, insluitend die voormalige adjunk-president, Floyd Shivambu. Malema sê in ‘n party-potgooi daar is geen manier waarop enigiemand die bestaan van die EFF sal bedreig en dan ‘n vriend word nie: