Niks kan meer belangrik wees as begroting: ontleder

Vele parlementslede het nie opgedaag vir een van die belangrikste sittings van die Nasionale Vergadering nie. Die geskokte finansminister Ipumbu Shiimi sal noodwendig nou môre eers sy middeltermyn begroting ter tafel kan lê, want daar was nie ‘n kworum nie. Die politieke ontleder dr. Marius Kudumo reageer.

Shiimi het vroeër met die nasionale uitsaaier gepraat oor die beplanning vir die uiters belangrike begroting. Daar is onder andere sowat 482 miljoen Namibiese dollar kort in droogtehulp wat aangespreek moet word. Shiimi sê verskeie ander prioriteite het ook na vore getree.