Nikon stel hul nuwe Kunsmatige Intelligensie kamera bekend wat bespeur wanneer koeie op die punt staan om te kalf

Die nuwe tegnologie kan die boer red van die taak om dragtige koeie gereeld te besoek. Nikon het sy KI-beeld vernuf in ‘n onverwagte rigting gestuur met ‘n nuwe stelsel wat boere kan waarsku wanneer ‘n koei op die punt staan om te kalf. Dit is ontwerp om die behoefte te verminder om voortdurend groot getalle dragtige koeie gedurende besige kalf-seisoene na te gaan, wat weer boere help om meer doeltreffend te wees. Die stelsel kos sowat N$117 000.00 per plaas met ‘n 100 koeie op, en is toegerus met ‘n sekuriteitstelsels-kamera wat met ‘n KI-stelsel verbind is. Dit gebruik ‘n toegewyde slimfoon-toepassing wat ‘n waarskuwing deur gee aan die boer wanneer ‘n kalf gebore word, wat boere in staat stel om aksie te neem indien nodig.