Night At The Museum-akteur Bill Cobbs sterf op 90

Die Amerikaanse akteur Bill Cobbs het in die ouderdom van 90 gesterf. Hy was veral bekend vir sy rolle as die veiligheidswag Reggie in die 2006-rolprent Night At The Museum, en as Whitney Houston se bestuurder Bill Devaney in die 1992-rolprent, The Bodyguard. Sy agent het aan die PA-nuusagentskap gesê die veteraan-akteur is Dinsdagaand in die Inland Empire in Kalifornië, dood. Cobbs was omring deur sy familie en is vermoedelik aan natuurlike oorsake dood. Sy TV-rolle het verskynings op The Sopranos, The West Wing, Sesame Street en ER ingesluit.