Nigeriese monarg en sy vrou ontvoer

Gewapende mans het ‘n tradisionele leier doodgeskiet en sy vrou en nog ‘n persoon in die suidweste van Nigerië ontvoer. Die aanvallers het die paleis van Segun Aremu, ‘n afgetrede weermaggeneraal en monarg, bestorm. Dit is nie duidelik of die aanvallers ‘n losprys geëis het nie. Die jongste moord en ontvoering volg enkele dae na veldtogvoerders geëis het dat ‘n noodtoestand afgekondig word om die kwessie te takel. Sowat 50 burgerlike organisasies sê meer as as 1 800 mense is ontvoer sedert president Bola Tinubu in Mei verlede jaar aan bewind gekom het.