Nigeriërs wat hulp noedig het sal tot 33 miljoen styg

Rekord-inflasie, klimaatskokke en voortslepende konflik sal volgens aanduiding die aantal mense sonder voedselsekuriteit in Nigerië in 2025 tot 33 miljoen laat styg. Daar is tans 25 miljoen wat van hulp afhanklik is. Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram sê 5,4-miljoen kinders en 800 000 swanger of borsvoedende vroue word deur erge wanvoeding in die gesig gestaar. Die Wêreldvoedselprogram sê hulp word onmiddellik benodig om ‘n moontlike voedsel- en voedingsramp te verhoed.