Nigerië verwerp Shell se verkoop aan Rennaissance 

Nigerië se oliereguleerder het Shell se voorgestelde verkoop van 1,3 miljard Amerikaanse dollar van sy olievelde aan die Renaissance-groep verwerp omdat die koper nie gekwalifiseer is om die bates te bestuur nie. Shell het op 16 Januarie sy uittrede uit Nigerië se aanland- en vlakwaterbedrywighede aangekondig nadat sy ingestem het om die onderneming aan ‘n konsortium van vyf hoofsaaklik plaaslike maatskappye te verkoop. Die maatskappye waaruit die groep bestaan kon nie ten minste 50 persent van alle bestaande bates onder hul beheer bedryf nie.