Nigerië se dreigende staking begin

Nigeriese vakbonde het vandag met ‘n onbepaalde staking begin. Skole en openbare kantore is gesluit, lughawens word geraak en die nasionale kragnetwerk is gesluit, nadat samesprekings met die regering oor ‘n nuwe minimumloon ‘n dooiepunt bereik het. Baie Nigeriërs sukkel om kos te bekostig in wat beskou word as die ergste lewenskoste-krisis in ‘n generasie in Afrika se digsbevolkte land. Die Nigeria Labour Congress, en die Trade Union Congress, het werkers aangemoedig om te staak nadat die regering geweier het om sy minimumloonaanbod tot meer as 845-rand per maand te verhoog.