Nigerië paai sy jeug, bang vir herhaal van Kenia, Uganda

Etlike dae voor ‘n landwye betoging oor swak bestuur en ‘n hoë lewenskoste, bied Nigerië sy jongmense werk in die staatsoliemaatskappy en miljarde naira se toelaes, onder andere aansporings om die optrede te ontmoedig. Nigeriese aktiviste poog om optredes elders in Afrika, insluitend Kenia en Uganda na te volg. Nigerië se staatsoliefirma het vir die eerste keer in byna ‘n dekade landwye vakatures gepubliseer. Intussen het die land se jeugministerie ‘n jeugbeleggingsfonds van 110 miljard naira,  70 miljoen Amerikaanse dollar heropen wat in 2020 begin is, en wat daarop gemik is om toelaes aan Nigerië se jeug te verskaf om werk te genereer.