Nigerië eis te laat teen Shell oor oliestorting

Die Britse hoërhof het beslis Nigeriese eisers is te laat om twee filiale van Shell te dagvaar oor ‘n aflandige oliestorting wat volgens hulle ‘n verwoestende langtermyn uitwerking op die olieproduserende Niger-delta gehad het. ’n Geskatte 40 000 vate ru-olie het uitgelek toe dit op ‘n olie-tenkskip in Shell se reuse Bonga-olieveld gelaai is, en tot water- en grondbesoedeling gelei. Die hof het bevind die eisers het met hulle saak begin nadat die wetlike sperdatum van ses jaar verstryk het.