Niger-staatsgreep vertraag vlugte tussen Namibië en Duitsland

Die Namibiese regering het sy kommer uitgespreek oor die staatsgreep en heersende onstabiliteit in Niger en boonop het dit nou ‘n impak op vlugte tussen Duitsland en Namibië. Die weermag het die staatsgreep Woensdag aangekondig en sê President Mohamed Bazoum is in aanhouding. Volgens die ministerie van internasionale betrekkings se woordvoerder, Penda Naanda, skaar die regering hom by die Afrika-unie wat die geweld veroordeel. Intussen word vlugte na en van Namibië en Duitsland vertraag met vliegtuie wat nie oor die lugruimte van Niger kan vlieg tot 4 Augustus nie. Direkte vlugte tussen Windhoek en München word met 45 minute vertraag en tussen Frankfurt en Windhoek met drie uur. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië gesels wat sê dit is ‘n uitdaging tydens die piek-toerismeseisoen.