Niger sê alle Franse soldate moet teen Desember uit wees

Niger se junta sê 400 Franse soldate wat in die suidwestelike deel van die land gesetel is, sal die eerste wees om die land te verlaat nadat Frankryk aangekondig het dat hy vandeesweek sy troepe sal begin onttrek. ‘n Basis in die hoofstad Niamey, waar die meerderheid Franse soldate gestasioneer is, sal teen die einde van die jaar afgebreek word. Die besluit om 1 500 troepe uit Niger te onttrek, waar die weermag op 26 Julie die mag oorgeneem het, laat ‘n gaping in Westerse pogings om ‘n dekade lange Islamitiese opstand in die Sahel teë te werk.