Nigel van Wyk se borgaansoek weer tot môreoggend uitgestel

Regter Johanna Salionga het vanmiddag die borgaansoek van Nigel van Wyk tot môreoggend nege-uur in die Windhoekse hoërhof uitgestel. Van Wyk is by die Fishrot-skandaal betrek nadat hy na bewering inligting by Sacky Shanghala se huis probeer verwyder het. Van Wyk het voorheen aansoek vir borg in die landdroshof gedoen, maar dit is geweier en ‘n appèl in September verlede jaar in die verband is ook van die hand gewys.