Nieu-Seelander slaan wêreldrekord 200 van net 103 aflewerings

Krieket: Die Suid-Afrikaans-gebore Nieu-Seelander, Chad Bowes, het die wêreldrekord verbeter vir die vinnigste dubbele honderdtal in Lys A-krieket toe hy 200 van net 103 balle aangeteken het. Die kolwer van Canterbury het die prestasie behaal gedurende ʼn wedstryd teen Otago in Christchurch. Hy het daarmee die vorige rekord verbeter van die Suid-Australiese kolwer, Travis Head, teen Queensland in 2021. Bowes is uitgehaal vir 205 van 110 balle, met sewe sesse en 27 viere. Die 32-jarige is gedurende sy kolfbeurt gereeld behandel vir ontwatering en ʼn seer rug.