Nieu-Seeland woedend oor Frankryk se verswakte span

Rugby: Nieu-Seelandse beamptes is glo woedend oor Frankryk se besluit om volgende jaar ʼn verswakte span na die land te stuur. Die Franse Rugbyfederasie en die land se Nasionale Rugbyliga het besluit lede van die spanne wat die eindstryd van die Top 14 haal sal nie oorweeg word nie. Nieu-Seeland glo dit sal die reeks van drie toetse afwater, asook die geleentheid om die stryd tussen twee van die vier topspanne in die wêreld te bemark. Frankryk skryf die besluit toe aan die voorbereidingsiklus vir 2027 se Wêreldbekertoernooi.