Nieu-Seeland oorskadu gelapte Proteas

Krieket: ‘n Gelapte Proteas-span het moedig baklei vir vier dae, maar is oorskadu deur Nieu-Seeland in Mount Manganui. Nieu-Seeland het die Suid-Afrikaanse toetsspan, met ses nuwelinge, met 281 lopies verslaan in die eerste toets, om ‘n voorsprong van 1-0 te neem in die reeks van twee toetse. Die Proteas is die onmoontlike teiken van 529 gestel, maar is vir 247 uitgehaal met ‘n loopbaan-beste toetstelling van 87 vir David Bedingham. Hy verwag ‘n beter vertoning in die tweede en laaste toets wat Dinsdag in Hamilton begin.