Nieu-Seeland haal Indië uit vir net 46

Krieket: Matt Henry en William O’Rourke het verwoesting gesaai onder die Indiese kolwers en die gashere vir net 46 lopies uitgeboender in hulle eerste beurt in Bengaluru. Indië se kaptein, Rohit Sharma, het die loot gewen nadat die eerste dag gister heeltemal uitgereën het. Die eerste paaltjie het geval met net nege lopies op die telbord en die hele span was binne 32 boulbeurte terug in die pawiljoen nadat Henry vyf paaltjies laat kantel het en O’Rourke vier. Vyf kolwers is vir ʼn nulletjie uitgehaal. Nieu-Seeland het Indië se telling sonder verlies verbygesteek.