Nienaber sê die naweek is die einde van ‘n era

Saterdag sal die einde van ‘n era wees wanneer die Springbokke die All Blacks in die Wêreldbeker-eindstryd in Parys aanpak. Die Bok-afrigter, Jacques Nienaber, sal ná vyf jaar by die span afskeid neem nadat hy eers Rassie Erasmus se assistent was, en toe die hoofafrigter geword het nadat Suid-Afrika in 2019 die Wêreldbeker gewen het. Nienaber sal ná die eindstryd na Ierland terugkeer om hom as senior afrigter by Leinster aan te sluit. Hy besef dit gaan ‘n emosionele afskeid wees: