Niemand oes privaatdele in Omaheke nie – Nampol

 Die Namibiese polisiemag in die Omaheke-streek verseker inwoners dat gerugte op sosiale media van mense wat privaatdele in die streek oes om in rituele te gebruik, vals is. Streek-eenheidbevelvoerder vir gemeenskapsake, inspekteur Fina Sakayengenga, sê mense moet ophou om vals inligting te versprei omdat dit verwarring en paniek onder inwoners veroorsaak. Sy sê daar is geen sprake van sulke misdade in die streek nie. Sy voeg by dat die publiek die vals inligting gekoppel het aan ‘n voorval van poging tot moord in Aminuis, maar dat dit ‘n heeltemal ander kwessie is en niks met die oes van privaatdele te doen het nie.