Niemand is geswaai tydens Vance-Walz-debat nie

Die debat tussen die twee vise-presidentskandidate in die VSA was ‘n louwarm affêre. Beide JD Vance van die Republikeine en Tim Walz van die Demokrate het uiters beleefd voorgekom en gefokus op beleid. Terwyl albei sê hulle is tevrede se ‘n regeringskundige Natasha Lindstaedt, van die Essex Universiteit, geen kieser sal geswaai word nie.