Nie veel vordering by Jagersfontein nieFebruary 9, 2023
Die DA in die Vrystaat sê die Kopanong Plaaslike Munisipaliteit het versuim om met inwoners van Jagersfontein te kommunikeer oor die pad vorentoe. Die party het ‘n toesigbesoek aan Jagersfontein gebring om die vordering te evalueer wat gemaak is om gemeenskappe wat geraak is by te staan ná die rampspoedige myndam-tragedie in September verlede jaar. Vyf maande nadat die ramp plaasgevind het, en ná ‘n groot bohaai deur die ANC, is huise in die omgewing steeds onder die slyk bedek. Die DA-lid, Estelle Noordman, sê inwoners het min ondersteuning of leiding van die munisipaliteit ontvang.