Nie te laat om in Bitcoin te belê, dit groei steeds

Bitcoin het vanoggend vir die eerste keer bo 100 000 Amerikaanse dollar gestyg. Dit is ongelooflik dat in die heel eerste Bitcoin-transaksie op 22 Mei 2010, ‘n man in Florida 10 000 Bitcoin vir twee pizzas betaal het. Die dag het legendaries geword, nie net omdat dit die eerste kommersiële gebruik van Bitcoin was nie, maar ook weens die kripto-geldeenheid se waardevermeerdering in latere jare. Bitcoin is tans net onder 103 000 dollar. Reaksie is ontvang van Coenie Botha, die uitvoerende hoof van CBI Exhange Namibia.