Nie Rhoode of Ramaphosa sal vir Phala Phala vervolg word nie
Die Direkteur van Openbare Vervolging in Limpopo, Mukhali Ivy Thenga, het besluit om niemand in die Phala Phala-saak te vervolg nie, aangesien daar onvoldoende bewyse bestaan. Dit volg op ‘n ondersoek na ‘n klag wat die voormalige spioenbaas Arthur Fraser teen president Cyril Ramaphosa en die voormalige hoof van die presidensiële beskermingseenheid, Wally Rhoode, ingedien het. Hulle is betrek by ‘n beweerde toesmeerdery van die diefstal van buitelandse valuta op Ramaphosa se Limpopo-plaas in 2020. Die gesag se woordvoerder, Mthunzi Mhaga, sê alle bewyse is noukeurig beoordeel: