Nie net NamibRand, meeste parke kan stilparke word
Die NamibRand-natuurreservaat is onlangs aangewys as Afrika se eerste Wildernis-stilpark. Quiet Parks International het die eer toegeken en sê stil plekke regoor die wêreld is besig om vinnig te verdwyn. NamibRand is ook in 2012 aangewys as ‘n Goue Vlak Internasionale Donker Lugreservaat, vir sy beskerming van die naghemel en nagtelike habitatte. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Hazel Milne, die volhoubare toerisme-kenner van Eco Awards Namibia, wat sê meeste van die land se parke kan as stilparke kwalifiseer.