Nie-IVP werkers kla omdat hulle rouklere moet dra vir Buthelezi

Sommige werknemers van ‘n Inkatha Vryheidsparty-beheerde munisipaliteit in KwaZulu-Natal is omgekrap oor die munisipale bestuurder se opdrag dat alle personeel Donderdag swart moet dra uit respek vir die party se stigtingsleier, Mangosuthu Buthelezi. Buthelezi is oor die naweek oorlede en word Saterdag begrawe. Die munisipale bestuurder van die Inkosi Langalibalele-munisipaliteit, SB Mthembu, het ook vroulike personeel opdrag gegee om ‘n doek te dra op die roudag. Die ontevrede personeel sê hulle sal eerder by die huis bly as om gestraf te word as hulle nie swart dra nie.