Nie een groot dam kry invloei nie
Nie een van die land se damme het hierdie week water gevat nie, behalwe die Olushandja in die Noorde, wat op 40 persent staan. Die belangrike Hardapdam is op 12,6 persent nadat die groenskema 1,3 miljoen kubieke meter die afgelope week onttrek het. Die Naute by Keetmanshoop is 47,6 persent vol en die Oanob het 43,5 persent water. Die sentrale gebied se damme, wat onder meer Windhoek voorsien, het net 19 persent water. Die Swakopoort is 37,5 persent vol en die Von Bach, 11,3 persent. Die Omatakodam is so te sê leeg, met 0,5 persent water. In die Ooste staan die totale bronne op 3,3 persent. Die Otjiverodam is 4,4 persent vol en die twee Viljoen-damme het onderskeidelik 4,5 persent en 7,1 persent water.