Nie-betaling van Sassa toelaes ‘onvergeeflik’

Die menseregte-organisasie, Black Sash, het die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekuriteitsagentskap veroordeel omdat die Januarie-uitbetalings nie gedoen is nie. Sassa skryf die jongste mislukking toe aan vertragings met verifikasie, wat 150 000 ontvangers van maatskaplike toelaes sonder geld gelaat het. Die agentskap beloof dubbel betalings volgende maand om die saak te beredder. Die woordvoerder van die Black Sash, Thandi Henkerman, sê Sassa se optrede is onaanvaarbaar en beskuldig die agentskap van die verbreking van sy gondwetlike verpligting.