Nie almal tevrede met ReconAfrica: bewarea-hoof

ReconAfrica berei voor om teen die einde van die maand die Naingopo-eksplorasieput in Namibië se Kavango-kom te begin boor, ‘n belangrike mylpaal in die toets van die Damara-vougordel. Die put teiken 163 miljoen vate potensiële oliebronne of 843 miljard kubieke voet potensiële aardgasbronne. Intussen vra Kanadese menseregteprokureurs ‘n ondersoek na die maatskappy vir beweerde menseregteskendings in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Thomas Muronga, voorsitter van Kapinga Kamwalye-bewarea, oor die potensiële impak van die nuwe put op plaaslike gemeenskappe.