Nictus Holdings presteer bestendig, inkomste styg 9%

Die Nictus Holdings-groep se inkomste het in die jaar geëindig 30 Junie 2023 met 9 persent toegeneem tot 1 miljard Namibiese dollar, van 920,9 miljoen dollar in die vorige jaar. Die groep het ‘n netto wins na belasting van 41,2 miljoen dollar aangeteken. Dit verteenwoordig ‘n afname van 4 persent van die vorige tydperk se 42,8 miljoen dollar wins. Bates het met 25 persent gestyg van 2,1 miljard dollar die vorige jaar tot 2,6 miljard dollar op 30 Junie verlede jaar. Dit word hoofsaaklik toegeskryf aan beter opbrengste uit beleggings. Netto waarde per aandeel het tot 426,92 sent toegeneem vanaf 375,47 sent in 2022. ‘n Finale dividend van 26 sent per aandeel is verklaar.