Nicola Sturgeon vir 7 ure deur polisie ondervra

Die polisie het Skotland se voormalige eerste minister Nicola Sturgeon is Sondag in hegtenis geneem, as deel van die polisie voortgesette ondersoek na die befondsing en finansies van die Skotse Nasionale Party. Die 52-jarige is as ‘n verdagte in hegtenis geneem en deur speurders ondervra, maar vrygelaat sonder enige aanklagte teen haar.  Sturgeon se man, Peter Murrell, wat die party se voormalige uitvoerende hoof was, is op die vyfde April by hul huis in Uddingston naby Glasgow gearresteer. Die polisie het die afgelope twee jaar ondersoek ingestel na wat geword het van meer as 14 miljoen Namibiese dollar se skenkings, wat deur aktiviste vir onafhanklikheid in Skotland aan die party gegee is.