Nicki Minaj aanhangers woedend oor afgelaste optrede

Aanhangers van Nicki Minaj is woedend oor die Amerikaanse kletsrymer se optrede by die Manchester Co-op Live-arena wat op die nippertjie afgestel is, na sy by die Schiphol-lughawe in Amsterdam gearresteer is. Die Nederlandse polisie sê Minaj is aangekeer omdat sy vermoedelik sagte dwelmmiddels uitgevoer het. Sy is beboet en toegelaat om haar reis voort te sit. Maar sy was nie betyds vir haar konsert in Manchester nie, wat uitgestel is terwyl sowat 20 000 aanhangers in die arena op haar gewag het.