Nicaragua wil by SA aansluit in hofsaak teen Israel

Nicaragua wil hê Israel moet aanspreeklik gehou word vir sy optrede in Gaza, en formeel gevra om ingesluit te word by Suid-Afrika se volksmoord-saak teen die land voor die Internasionale Geregshof. Dié Sentraal-Amerikaanse land is die eerste ooit wat aansoek doen om by so ‘n saak betrokke te raak. Hy voer aan Israel se optrede is ‘n skending van die Volksmoordkonvensie. Ander lande, insluitend Duitsland, het aangedui hulle gaan aan Israel se kant ingryp.  Die hof het Suid-Afrika en Israel gevra vir skriftelike voorleggings oor Nicaragua se aansoek.