NHE en vakbond stoei voort, wag nog op stakingsreëls

Die Staatsdiensunie van Namibië sê hy is teleurgesteld deur die Nasionale Behuisingsonderneming se raadslede en bestuur wat ‘n versoek van ‘n eenmalige betaling in plaas van werknemers van die hand gewys het. Die vakbond se sekretaris-generaal Matheus Haakuria sê verder hulle het reeds by die arbiedskommissaris aansoek gedoen vir stakingsreëls voor die aksie kan begin. Werknemers het gestem om te staak in die nasleep van ‘n salarisdispuut nadat die maatskappy se raad geweier het om die werknemers ‘n eenmalige betaling te gee waartoe hulle ingestem het, voor die state nie geoudit is nie. Die onderneming het sy kommer oor die staking uitgespreek en het vroeër gesê hy sal alles in die stryd werp om dit af te weer. Haakuria sê die vakbond het sover gegaan om te vra wanneer die finansiële situasie sal verbeter sodat eise dan ingedien kan word maar die direksie het nog nie gereageer nie.