Ngungula-probleem kring verder uit in Noorde
Kommer oor brandstofsmokkelary, bekend as “Ngungula”, duur voort. Plaaslike media berig dat skole in veral Ongwediva leegloop omdat die kinders eerder die brandstof verkoop en so, kos op die tafel sit. Intussen sê Jafet Nakanue, ‘n vulstasie-eienaar in die Noorde, dat mense wat nie die brandstof binne Namibië kan kry nie, hulle motors oorgrens vat en in Angola volmaak. Nakanue het ‘n idee oor wat die regering kan doen om vulstasie-eienaars te help.