Ngungula kom steeds die land in, baie ook

Ondanks die Namibiese polisie se pogings om die onwettige oorgrenshandel in Angolese brandstof aan te spreek, het nie veel glo verander nie. Die Nampol-hoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo, het vroeër ‘n operasie van stapel gestuur. Lede van Nampol sou saam met lede van die Angolese polisie op die lande se grens ontplooi word en patrollies uitvoer, asook in die noordelike gebiede waar die brandstof openlik verkoop word. Die noordelike grens is uiters poreus en daar is gebiede wat heeltemal onbegaanbaar is. Jafet Nakanue ‘n diensstasie-eienaar in die Noorde sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die situasie nie juis sedert die operasie verander het nie, en dit het inteendeel vererger tydens die efundja-vloede.