Ngidi uit vir res van 2024 met liesbesering

Krieket: Die Protea-snelbouler Lungi Ngidi gaan die res van die jaar buite aksie wees weens ‘n liesbesering. Dit beteken hy gaan die tuis-toetsreeks teen Sri Lanka misloop, asook die Pakistan-toer vir al die formate van die spel. Die 28-jarige Ngidi sal ‘n rehabilitasieprogram deurgaan en behoort teen Januarie weer fiks te wees. Die toetskaptein, Temba Bavuma, gaan intussen Maandag ‘n fiksheidstoets ondergaan om vas te stel of hy sal kan speel in die twee toetse teen Sri Lanka wat die 27ste in Durban begin.