Nganate loof Old Mutual vir Omaheke Gardens
Ses volhoubare tuine om honger onder leerders in Gobabis te bekamp is deur Old Mutual Namibia as die Omaheke Gardens-projek geloods. Dit sal vars produkte aan skole verskaf en ook inwoners betrek om landbou- en voedingvaardighede aan te leer. Hierdie inisiatief is uiters belangrik, aangesien die Omaheke-streek ernstige wanvoeding ervaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Pijoo Nganate, goewerneur van die Omaheke-streek, oor die situasie tans en hoe hierdie poging sal help.