NFL staak ragebaseerde toetse

Die Nasionale-voetballiga sal nie meer rasgebaseerde toetse gebruik vir vergoedingseise van voormalige spelers wat aan demensie ly nie. Luidens dokumente wat by ‘n Amerikaanse hof ingedien is, volg die ooreenkoms ná onthullings dat die vorige toetsstelsel geskoei is op aannames swart spelers se kognitiewe funksie is op ‘n laer vlak. Daar word berig die stelsel het dit vir swart spelers moeilik gemaak om te bewys hulle het kopbeserings opgedoen as gevolg van hul deelname aan die spel.