NFA ondersteun Motsepe as CAF-president
Patrice Motsepe, die president van die Afrika Sokkerfederasie, CAF, sê hy hoop om ‘n tweede termyn te wen. Nadat sy voorganger, Ahmad Ahmad van Madagaskar, die eerste CAF-president geword het wat deur FIFA verban is weens onetiese gedrag, insluitend geldverduistering, het die Suid-Afrikaner by ‘n krisisgeteisterde organisasie ingetree. Afrika-sokker se beheerliggaam, wie se presidensiële verkiesing vir Maart 2025 vasgestel is, blyk op pad te wees na finansiële stabiliteit onder Motsepe se leierskap. Die kommunikasiedirekteur van die Namibiese Sokkervereniging, Cassius Moetie, sê hulle ondersteun Motsepe.