Newcastle is ook uit Kampioeneliga uitgeskakel

Newcastle United is uit die Kampioeneliga uitgeskakel ná ‘n twee-een nederlaag teen AC Milan. Dit laat die span onder aan die Groep F-punteleer. ‘n Oorwinning sou die Magpies na die laaste 16 deurgestuur het, met PSG en Borussia Dortmund wat gelykop gespeel het, maar die nederlaag vir Newcastle beteken hulle is heeltemal uit die Europese Liga. Die spanbestuurder, Eddie Howe, sê hulle is verpletter omdat hulle uitgeskakel is, maar sy spelers het alles gegee: