New Era trek glo besluit oor Musariri as redakteur terug

Die staatsbeheerde dagblad New Era het glo omgedraai op sy besluit om Nampa se hoof van kommersiële dienste, Confidence Musariri, as sy nuwe besturende redakteur aan te stel. Dit is volgens die Engelse dagblad The Namibian, wat sê ‘n betroubare bron het die verwikkeling bevestig. Musariri sou die pos oorneem ná die omstrede uittrede van die koerant se vorige besturende redakteur, Johnathan Beukes. Linus Chata, uitvoerende hoof van Nampa, het verlede week in ‘n e-pos aan personeel gesê daar is ‘n dringende behoefte by New Era wat Musariri se dienste benodig terwyl die samesmelting tussen die entiteite ontwikkel. Kommer is geopper dat die samesmelting mediavryheid sal muilband en staatsbeheer in openbare media sal verhoog.