Neutmuskaat nie net vir pampoen nie
‘n Bekommerde en verbaasde ma van Georgia het sosiale media aan die gons oor die nuutste neiging onder tieners. Die jong klomp het ‘n nuwe manier gevind om op ‘n “plug” te wees.
Dit het aan die lig gekom by ‘n skool in die deelstaat van Georgia dat tieners hulsef na die speseryrak wend vir pret.
Daar is deur verskeie tieners se rugsakke gegaan en die skool se vonds was groot. Menigte van die tieners het neutmuskaat in hul rugsakke gehad, en met die bevindings is aan hulle gevra, hoekom hulle dit het. Die antwoord het vinnig gekom: “Ons het dit nodig vir die kulinêre klasse.”
Die kookinstrukteur is genader en sy het baie verbaas die onderwysers ingelig dat daar glad nie resepte gebruik word op die stadium wat neutmuskaat bevat nie.
Dit het toe aan die lig gekom dat hulle dit gebruik om op ‘n “plug” te wees.
Die onderwyser het die hele lot geskors en bygevoeg met die vonnisoplegging: “Nie een van julle weet hoe om julle huiswerk behoorlik klaar te kry nie maar julle het die tyd en bronne om na te vors hoe om hoog te raak.
Die ma het in die TikTok-video ook bygevoeg: “Dit is uitputtend om op hoogte te bly met tieners en ‘n stappie voor hulle te wees.”